Loader

Telefoon Poeding

2011-04-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 29
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

29 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

Ek wonder hoeveel van ons het hiermee grootgeword, ken vandag se kinders dit?

Jou Bestanddele:

1 Eier
2 Kop koekmeel
1 Kop suiker
2 tl Koeksoda

1 Kop melk
1 el  Margarien
1 el fyn gemmer
2 lekker groot eetlepels appelkooskonfyt

knypie sout

 

Vir die stroop:

3 Kop Water

1 Kop suiker

2 eetlepels margarien

Gooi alles in kastrol, bring tot kookpunt, roer aanhoudend tot dit goed opborrel vir 1 min.

 

So gemaak:

 

Los die koeksoda in die koppie melk op, voeg die konfyt by, roer net liggies in.

Room botter en suiker, voeg eier by,

Sif jou koekmeel, sout, gemmer saam, vou in by bottermengsel.

Giet melkmengsel by en meng tot slap deeg.

 

Gooi stroopmengsel in ‘n diep oondvaste bak,   giet deegmengsel versigtig in die middel.. plaas ‘n gesmeerde  deksel  bo op,

Bak  180ºC tot ligbruin. +- 30 min..

.

Comments (2)

  1. posted by melanie on May 6, 2015

    hierdie is vreeslik lekker, amper soos malva, net so veel lekkerder

  2. posted by Brent on November 15, 2016

    I grew up with this and is my favorite desert. My kids now also enjoys it. Often over weekends we have only this for dinner!!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!