Loader

Tartar Sous

2011-04-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie en Uie Sous vir Pap en Wors

  • Sjokolade-koffiesous

  • Mosterdsous

  • Perske bedruipmengsel

  • Biermarinade

Hierdie is n vinnige resep vit tartar sous wat goed gaan saam vis en seekos (calamari, prawns, hake ens. Ook lekker as dit saam met crumbed mushrooms bedien word.

 

Bestanddele:

1 koppie Mayonaise 250ml
2 groot agurkies (gherkins) gekap in klein blokkies (gebruik 3 kleiner agurkies as jy nie grotes het nie)
2 klein picled onions fyn gekap (die oorspronklike resep vra vir fyngekapte gewone uie, maar ek het gevind dat pickled uie n beter smaak verleen aan die sous)
sout en peper na smaak

Metode:

Meng al die gekapte bestandele saam die mayonaise. Laat staan vir so n rukkie in die yskas as jy tyd het, anders bedien voor met enige vis gereg. Gaan ook goed saam met crumbed mushrooms

Nota:

Die oorspronklike resep bevat ook kappertjie saad wat fyn gekap is. Ek het dit al bygevoeg maar dit maak nie vir my n groot verskil aan die smaak nie, ek verkies dit sonder die kappertjiesaad (capers) boonop is kappertjiesaad nie maklik verkrygbaar nie en is nogal duur. As jy wil kan jy dit probeer met die kappertjiesaad en vir jouself besluit. Suurlemoensap is ook nie nodig in die resep nie want die agurkies, pickle uie en mayonaise is al klaar soet suur genoeg.

deur: BOK

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!