Suurvy konfyt
2010-11-15- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.7 / 5)
7 People rated this recipe
Related Recipes:
Die suur vleisgedeelte binne-in die vrug is slymerig met blink, bruin sade daarin. Die onderste deel van die vrug word afgebyt en die vleisgedeelte uitgesuig.
Heerlike konfyt word van suurvye gekook en dit word ook vir oosterse disse gebruik.
So gemaak:
Bestanddele:
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water
Metode:
1. Sny die suurvye se punte af, spoel goed af en week oornag in 5 liter water en sout mengsel.
2. Gooi die water af, (moenie water weggooi nie, gooi oor in skoon kastrol)
3. Spoel af en skil.
4. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
5. Bring tot kookpunt en voeg die vye by.
6. Kook tot die vrugte blink en stroop lekker dik is – (+- so twee ure)
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.