Loader

Suurlemoenmelktert

2017-03-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 39
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

39 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

‘n Lekker twist in die Melktert, dubbele lekkerte
2  gunstelinge in een tert ! ..( ..lewer 1 baie groot tert)

Kors
200 g botter of margarien
2 x pakkies tennis beskuitjies, fyngedruk
.
Suurlemoen vulsel mengsel
2 x 385 g blikkies kondensmelk
250 ml suurlemoensap
.
Melktertlaag
4 kop melk
2 el botter
2 el koekmeel
2 el opgehoopte maizena
halwe tl sout
4 groot eiers, geskei

halwe kop wit suiker
1 el vanielje

*fyn kaneel vir sprinkel

.
Kors
Smeer groot tertbak (  + – 30 cm ) liggies met botter.
Smelt botter en meng in die fyngedrukte beskuitjies.
Druk mengsel lekker styf vas in ’n gesmeerde tertbak
.

Suurlemoen vulsel mengsel
Gooi kondensmelk in ‘n mengbak, voeg suurlemoensap bietjies, bietjies by terwyl jy aanhou klits
Skep mengsel oor tertkors
Laat in die yskas vir 1 uur

.
Melktert vulsel mengsel

.
Meng die koekmeel, mielieblom, sout en eiergele saam
Voeg bietjie melk by en klits tot ‘n gladde pasta
Verhit die melk in ’n kastrol tot amper kookpunt
Voeg nou botter by, bring weer tot kookpunt
As die melk kookpunt bereik, voeg die pasta mengsel by terwyl aanhoudend vinnig roer Hou aan klits en kook vir 5 min tot verdik oor lae hitte
Haal van die plaat af en gooi suiker en geursel by, roer tot suiker opgelos is
Laat in kastrol goed afkoel

.
Klits eierwitte mooi styf tot punte vorm, vou dan in by die afgekoelde melk mengsel
Skep bo oor die suurlemoenlaag
Sprinkel na smaak met kaneel
Plaas in yskas vir minstens 3 ure om goed te set voor jy die tert sny.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!