Loader

Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

2017-01-24
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Heerlike Somer nagereg op jou vingerpunte ! Soos 1, 2, 3…….die is so eenvoudig.

Krummels:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyn gedruk
1 el strooisuiker
3 eetl botter, gesmelt
.
Vulsel:
1 x 250 g roomkaas
125 ml room – baie styf geklop
1 blik kondensmelk  – yskoud
1/2 tl baie fyn gerasperde suurlemoenskil
3 el suurlemoensap
5 el  strooisuiker

.
Krummels:
In ‘n mengbak voeg die krummels en strooisuiker saam.
Giet botter, gesmelt by en meng goed deur
Verdeel mengsel tussen 8-10 glase, druk met eetlepel die krummels vas
onder in die glase, skep nog ‘n lagie bo op en druk weer vas

.
Vulsel:

Klits room styf, hou eenkant
Klits die roomkaas en strooisuiker tot glad en romerig, hou eenkant
Klits die kondensmelk tot romerig
Voeg suurlemoenskil en sap bietjies bietjies by die kondensmelk terwyl jy aanhou klits
Vou nou die roomkaas in, meng goed deur
Vou die stywe gekopte room in, moenie te veel karring nie, meng net goed deur
Skep die mengsel op die kors in jou glase, maak glas half vol
Sprinkel nou laag droe krummels oor
Skep roomkaas mengsel bo oor krummels

Hou in yskas vir minsten 1 uur, kan mooi afrond met grinadella pulp of vrug van jou keuse

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!