Steurgarnale met knoffel en jalapeno-rissie
2008-12-09- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.8 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestandele
60 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml paprika
2 jalapeno-rissies, gekap
1 kg heel steurgarnale, afgedop en met die sterte nog aan
30 ml brandewyn
30 ml suurlemoensap
Metode
Gooi die olyfolie in n groot pan en verhit dit oor medium hitte. Gooi die knoffel, paprika en rissies by en roerbraai vir 30 sekondes.
Verhoog die hitte en gooi die steurgarnale, brandewyn en suurlemoensap by. Roer vir omtrent drie minute oor ho? hitte tot die steurgarnale ondeursigtig word.
Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout en sit dadelik voor met kraakvars brood.