Loader

Steak en Sampioen pastei

2016-10-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

 

Smul lekker vullende bodemlose pastei, tuisgebak ; die beste !!

bestanddele
600 g matured rump steak in klein blokkies gesny
1 pakkie sampioene – gewas en opgekerf
30 ml Olie
30 ml botter
1 pakkie KNORR Black Pepper sous
1 pakkie KNORR Sampioen sous
500 ml kookwater

afronding:
1 rolle blaardeeg, ontdooi
1 eier, liggies geklits
2 diep oondvaste bakkies + – 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak)

METODE
In ‘n diep pot verhit die olie en braai die vleisblokkies oor matige hitte tot geurig, voeg sampioene en botter by, braai als lekker saam tot geurig
Voeg 500 ml kookwater by, sit deksel op en laat kook tot vloeistof verdamp en vleis weer begin braai in pot.
Maak die 2 pakkies KNORR sous apart aan soos op pakkies aangedui en giet dan oor vleisblokkies
Prut vir 10 minute tot sous dik is, laat die vleismengsel afkoel

Voorverhit oond 200 C
Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter.
Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) ‘n patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of kringetjies gesny)
Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by.
Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante
Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond
Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!