Stampmielies en Potbraai

2016-11-06
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Kook met nostalgie
.
Vir die stampmielies:
4 koppies stampmielies ( genoeg vir 4 – 6 mense)
1 tl sout
2 el botter
genoeg kookwater

Gooi stampmielies in kastrol, soel deeglik af met kouewater
Bedek met 1 tl kookwater, bring tot kookpunt en kook vir 30 minute sonder deksel
Spoel weer deeglik af met koewater, dreineer, gooi 1 lt kookwater oor
Voeg sout en botter by, sit deksel op laat stadig kook vir 1½ uur, hou dop dat dit nie droog kook nie, roer nou en dan. Voeg nog kookwater by indien nodig, kook tot lekker sag en droog gekook

.
Vir die potbraai
1½ kg beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, braising steak ens.)
2 groot uie, opgekap
4 knoffeltoontjies, gekneus
3 groot aartappels – geskil en halveer
2 el botter
swartpeper na smaak
sout na smaak
1 el bruinasyn
3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water
kookwater
Sit jou vleis in ‘n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek
Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin
Plaas uie en knoffel bo op , gooi klein bietjie water bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig
Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak
Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut vir 5 minute

Bedien met stampmielies en lekker soet pampoen

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 2
Gradeer hierdie resep

2 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Biltong

  • Kerrie Frikkadel met Piesang

  • Sweet Chilli Steak Roll getop met Uieringe

  • Frikkadel – Skorsies

  • Eenpot Lekkerte, Macaroni en Mins

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!