Loader

Spinasie en Sampioen Maalvleisrol

2014-02-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Jy het nodig:

Vulsel –
bietjie olie,
1 ui gekap,
2.5ml vars knoffel,
6 skyfies ham gekap,
2.5ml droe gemengde kruie,
250g sampioene gesny.
Maalvleis – 1kg maalvleis,
2.5ml asyn,
1 eier,
3/4k vars broodkrummels,
2.5ml sout,
30ml blatjang,
knypie peper

Afronding –
7.5ml mosterd,
300g spinasie, ontstingel en geblansjeer,
187ml cheddarkaas gerasper,
1 pakkie spek

So Gemaak:
Braai ui en knoffel in olie tot sag, voeg ham by en soteer nog so bietjie.
Voeg kruie en sampioene by en soteer tot sampioene sag is, hou eenkant.
Meng bestandele vir maalvleis saam, druk maalvleis in reghoek plat op groot stuk foelie.
Smeer mosterd dun op maalvleis. Plaas spinasieblare op maalvleis.
Skep sampioenmengsel bo-op. Laat ongeveer 3cm reg rondom maalvleis oop.
Sprinkel kaas bo-oor. Rol maalvleis van korste kant af met behulp van foelie op.
Plaas spekrepies bo-oor. Plaas in oondpan.
Moenie met foelie bedek nie, maar verskuif wel met foelie na oondpan. Bak vir ongeveer 60min tot gaar

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!