Loader

Spek en Spinasie Mieliebrood

2016-09-26
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Lekker broodjie vir enige bygereg, of baie lekker sommer so op sy eie

500g bruismeel
8 repies spekvleis, bros gebraai en fyn gekap en afgekoel
halwe kop cheddar kaas, gerasper
2 groot spinasie blare ontkern en baie fyn gekap
1 blikkie heelpitmielies , gedreineer
125ml olyfolie
125 ml melk
3 ekstra groot eiers
rooipeper na smaak
1/2 tl sout

.

Voorverhit die oond tot 200 C

.
Smeer ‘n diep broodpan goed met botter
Gooi bruismeel in lekker groot mengbak, voeg sout en rooipeper by en meng deur
In ‘n ander mengbak voeg spek, kaas en spinasie, meng mooi deur
Klits olie, melk en eiers saam in koppie
Voeg nou alles bymekaar in droë bestanddele mengbak tot ‘n deeg vorm.
Giet in broodpan en bak vir sowat 30 minute ( toets met pen).
Laat effens afkoel, in pan
Bedien met lekker plaasbotter

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!