Spek en Mieliebroodjie in n blikkie
2009-01-07- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestandele:
250 g spek, gekap
410 g-blik mieliepitte, gedreineer
60 ml pietersielie, gekap
100 ml koekmeel
50 ml suurroom
5 eiers
2.5 ml sout
swartpeper na smaak
5 ml bakpoeier
Metode:
Braai die spek in hulle eie vet in n braaipan tot bros en dreineer dit dan op kombuispapier. Gooi die orige bestanddele by en meng deur.
Smeer n groot konfytblik met botter en voer die blik met gesmeerde bakpapier uit. Gooi die blik driekwart vol met die beslag. Bedek dit met foelie en bak dit in n voorverhitte oond van 180 grade celcius, vir 30-45 minute.
Keer die brood uit, sny dit in dik snye en sit dit voor saam met botter en gerasperde kaas.