Loader

Souserige Beesvleis Blokkies

2023-09-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

1 Groot ui in ringe gesny
2-3 Knoffelhuisies, fyn gedruk
1 Groen soetrissie, in blokkies gesny
Olie
1 kg Stowe beesvleis, in blokkies gesny
Swartpeper na smaak
Ongeveer 12,5 ml sojasous
250 ml Koekmeelblom
1 ml Fyn naeltjies
2 ml Neutmuskaat
Helfte van ´n pak wit uiesoppoeier
625 ml Water
125 ml Melk
Sout

Soteer die ui, knoffel en soetrissie in ´n klein bietjie verhitte olie tot sag. Skep uit.
Geur die beesvleisblokkies na smaak met swartpeper en sprinkel die sojasous oor. Meng die koekmeelblom, naeltjies en neutmuskaat. Rol die beesvleisblokkies daarin. Braai bietjie vir bietjie in verhitte olie tot bruin.
Dreineer die meeste vet af, skep uiemengsel terug in die pan.
Meng die soppoeier met die water en voeg ook die melk by.
Giet oor die beesvleisblokkies. Verhit en roer totdat die sous begin kook. Verlaag die hitte, bedek gedeeltelik en prut tot die vleis sag en die sous lekker dik is. Geur met extra sout en peper indien nodig.
Dien op saam met rys, of kappokaartappels.
Genoeg vir 6 mense.
* Die hele gereg kan ook in ´n oondvaste bak geskep, bedek en stadig by 100 grade C (200 F) gaargemaak word totdat die vleis sag is.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!