Loader

Smullekker Kerriemaalvleis Pastei

2016-11-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 20
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

20 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Tuisgebak.. eindloos heerlik! – (genoeg vir so 4 mense)

Vir die Maalvleis:
1kg bees maalvleis
1 groot ui, opgekap
3 knoffeltoontjies – gekneus
1 el asyn
½ kop appelkoos konfyt
3 el goeie kerriepoeier
½ kop kookolie
1 klein blikkie tamatiepaste
1 groot tamatie- opgekap
1 groot aartappel – in stukke gesny
3 geelwortels – geskil en opgekerf
knippie sout
½ tl borrie

.
Afronding:
2 rolle blaardeeg, ontdooi
2 eiers, liggies geklits met bietjie water
4 diep oondvaste bakkies + – 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak)

.
Vir die maalvleis:
Maak olie warm, braai uie en knoffel saam tot lekker geurig
Gooi nou kerriepoeier by en braai vinnig deur, gooi asyn by, haal van die plaat af vir 1 min, plaas terug oppi plaat en sodra uiemengsel begin braai
Voeg maalvleis by, roerbraai en prut alles lekker saam vir so 10 min.
Gooi aartappelstukke en wortels by, gooi net genoeg warm water by, om die aartappels toe te maak, kook tot aartappel sag gekook, maar nie te droog nie, daar moet nog souserigheid onderaan die kastrol wees
Voeg borrie, opgekapte tamatie, appelkoos konfyt en tamatiepaste by, sout na smaak roer goed deur, laat baie stadig prut vir 5 min tot lekker sappig. Laat goed afkoel.

.

Voorverhit oond 200 C
Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter.
Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) ‘n patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of kringetjies gesny)
Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by.
Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante
Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond
Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!