Smul Worsrolpasteie
2015-07-09- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Reg in 30 min, tuisgebak die beste !
(genoeg vir 6 pasteitjies)
1 rol blaardeeg – ontdooi
6 varkworsies – liggies gaargemaak~ afgekoel
2 eier, geklits
Voorverhit oond tot 200 C vir afskop bak, en verlaag na180 C deur bak proses
Rol die deeg oop op ’n skoon werkoppervlak, hou op die plastiek, moenie afhaal nie
Trek halfgaar worsies se velle af en sit twee langs mekaar op deegstrook.
Met behulp van die deeg se plastiek omhulsel rol en vou die deeg toe bo-oor die worsies, , verf die binne punte waar jy gaan afsny met geklitse eier, en sny die deeg af waar die worsie toegevou is
Rol versigtig styf toe
Plaas op gesmeerde bakplaat
Herhaal tot jy 6 pasteitjies het
Smeer bo kante van pasteitjies met geklitse eier
Bak vir 10 minute by 200 C
Verlaag nou hitte na 180 C ; bak +- 15 minute tot mooi bruin
*Sit voor saam met tamatiesous, slap tjips en groenslaai