Smeerdeeg vir Melktert Kors
2017-01-20- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.2 / 5)
29 People rated this recipe
Related Recipes:
Genoeg vir 3 foelie tertbakkies
1 ekstra groot eier
4 el botter / margarien
25 ml suiker
2 ml vanielje geursel
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
Voorverhit oond na 180 C
Skei die eier, verroom die botter / margarien, suiker, vanielje en eiergeel saam. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam bo-oor en meng.
Klits die eierwit tot styf en vou by mengsel in, meng goed deur
Smeer die mengsel op die boom en kante van `n tertbordjies.
Vul met melktertvulsel van jou keuse, bak 40 min tot goudbruin.
Laat goed afkoel voor die tert gesny word.