Slappap met kaas en bros gebraaide spek

2014-11-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Die beste ontbyt ooit !!

vir die slappap:
1Ll water
1 tl sout
300g mieliemeel
3 el botter

*gerasperde kaas verkieslik cheddar
*pakkie spek

Slappap:
Maak mieliemeel aan met koue water tot ‘n pasta
In medium kastrol bring 1 L water tot kookpunt
Gooi sout by
Roer nou hompe vol op opskeplepel, by kookwater in.
Roer tot konte opgelos is. Pasop vir opspat en brand, haal van plaat af as jy onveilig voel.
Sit deksel op, verlaag hitte en prut 15 min.
gooi botter in, Roer mooi deur,
Prut vir nog 5 min tot gaar

Snipper jou spek en braai in ‘n warm pan met botter tot lekker krakerig en goudbruin, laat pan skeef staan dat orige vet wegloop, skyf spekkies op na bo,

Skep ‘n lekker bak warm slappap, sit klontjie botter op, bedek met genoeg gerasperde kaas, dan jou bros spek stukkies bo oor,
Laat rus vir so 3 min, en val weg, geniet !!

*Bedien slappap ook met melk, suiker, botter, of heuning, selfs piesang bo-oor… geniet !

Resep Kategorie :
Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 5
Gradeer hierdie resep

5 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!