Skaapnek en Groenboontjie bredie

2017-10-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

So eenvoudig maar hartskos. Ou gunsteling gewees in baie van ons grootword huise, treffer keer op keer
.

Jy het nodig:
1 kg skaapnek, in skywe gesaag
1 el botter
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 groot wortels, geskil en stukke opgesny
250 g groenboontjies, grof opgekap
3 groot aartappels – geskil en halveer
1 groot tamatie, geskil en opgekap
3 tl bisto poeier aangemaak met halwe koppie koue water
2 tl “Royco” bolognaise cook in sauce” poeier
2 el asyn
sout en peper na smaak
Kookwater

.
Plaas nekstukke in diep kastrol, gooi genoeg kouewater oor totdat vleis mooi bedek is
Voeg asyn by, plaas deksel op en kook dan tot droog en vleis begin potbraai
Voeg uie, knoffel en botter by en roerbraai alles saam tot lekker bruin en geurig.
Gooi net genoeg kookwater oor om als te bedek, plaas deksel op en kook stadig vir 40 min
Voeg jou wortels, boontjies, aartappel en tamatie by
Gooi nog kookwater oor om als te dek en kook stadig tot groente sag is
Sprinkel met “knorr bolognaise cook in sauce” , voeg aangemaakte bisto by, sout en peper na smaak en roer effens deur.
Laat prut vir paar minute
Verwyder pot van plaat en laat rus vir 10 minute voor jy bedien
.
Sit voor met rys, stampmielies of lekker potbrood,

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

  • Oondgebraaide Lamsboud

  • Krummel Lamstjoppies

  • Heel Sout Skaapribbetjie oor die Kole

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!