Loader

Sjokolade Mayonnaise koek

2016-10-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 31
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

31 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

 

Die Mayonnaise maak die koek lekker klam. Die koek bly vir dae lank klam . Beste koek ooit!

.
(Maak 1 groot koek)
500 ml koekmeelblom
150 ml kakaopoeier
15 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
3 jumbo eiers – kamertemperatuur
375 ml suiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml mayonnaise – kamertemperatuur
250 ml water

.
Vir die versiersel:

Jy kan die middel lae smeer met karamel kondensmelk vir meer lekkerte of die volgende versiersel gebruik:

150 g ordentlike botter
200 ml kakaopoeier
400 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
15 ml melk
1 flake sjokolade

.
Smeer 2 x 20 cm koekpanne met botter
Voorverhitte oond 180 C
Sif die droë bestanddele saam in groot mengbak en hou eenkant
Klits eiers, suiker en vanieljegeurse saam tot lig en romerig.
Voeg mayonnaise en water geleidelik by suikermengsel, en vou om die beurt in by droë gesifte bestanddele
Meng goed en skep in twee gesmeerde koekpanne.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 C vir plus minus 35 minute.
Laat afkoel in panne en keer uit op koel rakke.

.
Versiersel:
Room die botter. Sif kakao en versiersuiker en vou by botter en klop goed.
Voeg vanieljegeursel en melk by en meng goed tot romerig
Smeer goeie laag versiersel op eenkant van koek, plak bo opmekaar en versier bo en kante afgekoelde koek na wense
Krummel flake sjokolade bo oor

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!