Loader

Sjokolade gedoopte Botterkoekies

2017-03-20
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 45
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

45 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

Smelt in die mond lekker  – (maak 40)

Bestanddele
250g sagte botter
120 ml versiersuiker, gesif
700 ml Bruismeel
1/2 tl sout
20 ml melk
*80g blok melksjokolade, oor dubbel koker of in mikrogolf gesmelt

.
Voorverhit oond 160 C
In ‘n lekker groot mengbak room die botter en versiersuiker tot lig en romerig
Sif die meel en sout saam en vou in by bottermengsel
Gooi melk by en meng goed deur tot ‘n lekker stywe deeg vorm
Maak toe met kleefplastiek, plaas in yskas vir 30 min
Skep teelepel-grootte deeg in jou hand, rol bolletjies en plaas op gesmeerde bakplaat, los ‘n goeie vingerspasie tussen in
Druk liggies plat met ‘n vurk
Bak in voorverhitte oond 20 minute
Keer uit op draadrakke om heeltemal af te koel
Doop helfte van die koekies in gesmelte sjokolade, plaas op draadrak sodat eksta sjokolade kan afdrup

Geniet

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!