Loader

Shortrib en Niertjies Bredie met Kluitjies

2015-07-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Bestanddele:
500 g skaapniertjies
1 kg shortrib (dikrib) , in stukke opgesny
3 uie, opgekap
1 pakkie sampioene, gehalveer
5 knoffelhuisies, gekneus en opgekap
1 el asyn
3 aartappels halveer
1 lt vleis aftreksel
500 ml bier
5 ml tiemie
3 el tamatiepuree
3 el botter
kookolie
sout na smaak
vars gemaalde swart peper

Kluitjies vir vleis
500 g bruismeel
1 tl bakpoeier
1 groot eier
mespunt sout
3 el yskoue gerasperde botter
yswater (sonder ysstukkies)
Metode:
Halveer niere en verwyder die buitenste membraan en kern, sny in kwarte
Verhit kwart koppie olie en botter in swaarboompot
Potbraai die niertjies en vleisstukkies met eetlepel asyn by, tot goudbruin
Voeg uie, knoffel, sampioene en tiemie by en braai alles lekker saam tot uie deurskynend raak
Gooi 500 ml aftreksel en 500 ml bier oor, plaas deksel op en kook stadig tot vleis sag is
Plaas aartappel stukke tussen in, voeg tamatie puree by, sout en peper na smaak, gooi 500 ml aftreksel, laat stadig kook tot aartappels amper sag is

(terwyl jy wag vir die aartappels om halfgaar te kook, berei die kluitjies voor)

Kluitjies:
Sif bruismeel, bakpoeier en sout ‘n mengbak
Vryf die botter in met jou vingerpunte totdat dit lyk soos broodkrummels
Maak ‘n holte in die middel van die meel, en breek eier in, meng liggies deur
Voeg net genoeg yskoue water by om ‘n sagte bol deeg te verkry
Nou so gemaak:
Bring jou bredie tot borrelende kookpunt op hoogste stelling van jou plaat
Druk jou eetlepel in die pot sous om hom nat te maak, vorm ronde bolletjies deeg, en plaas kluitjies bo-op vleis
Plaas deksel op, (MOENIE DAAI DEKSEL OPLIG NIE!!!) jou kluitjies gaan plat val !!, Bring tot kookpunt, (**sal sien stoom kom lekker uit by deksel), moet nogsteeds nie jou deksel oplig nie !!
Verlaag hitte na laagste stelling, en prut vir ‘n verdere 25 minute
Verwyder van plaat, laat rus vir 10 minute VOOR JY DIE DEKSEL OPLIG vir die eerste keer !!!

*bedien met soet pampoen en spinasie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!