Sherrie Lamskenkels

2016-10-16
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Smul lekker Lamskenkels oppi stoof , ook heerlik resep vir potjie op die vuur( gebruik swart plaboom pot as jy een byderhand het)

1 heel lamskenkel per persoon
1 kop koekmeel
4 el botter
1 el olie
1 groot ui opgekap
4 knoffeltoontjies – gekneus en opgekap
250 ml OBS (old brown sherry)
1 x 400g blik heel tamaties
500 ml aftreksel
1 el bruinasyn
ekstra kookwater
2 tl bruinsuiker
1 tl droë tiemie kruie
swartpeper na smaak
sout na smaak

Verhit die botter tot hoë hitte in ’n groot swaarbodem kastrol
Rol die lamskenkels in koekmeel
Braai die lamskenkels tot mooi bruin albei kante – haal uit en hou eenkant
In dieselfe kastrol voeg olie by en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en geurig
Voeg nou die sherry geleidelik by tot als kookpunt bereik, prut vir 5 minute
Voeg nou jou blikke tamaties, asyn, aftreksel en bruinsuiker by
Voeg nou die lamskenkels terug in pot, sout en peper na smaak, sit deksel op bring tot kookpunt
Verlaag tot medium hitte en laat vir so twee ure stadig kook tot die skenkels murgsag en sous verdik het
*(kookwater kan deur die proses bygevoeg word inien nodig)

 

Gemiddelde Gradeering

(4 / 5)

4 5 5
Gradeer hierdie resep

5 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

  • Oondgebraaide Lamsboud

  • Krummel Lamstjoppies

Recipe Comments

Kommentaar (1)

  1. geskryf deur Huldah Barnard on October 17, 2016

    Baie lekker as jy vir mense wil onthaal

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!