Sampioen en Biltong Sous

2017-08-05
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Heerlik saam met gebakte aartappels, bo-oor gebraaide vleis of schnitzel of selfs heerlik saam pasta

..
250g sampioene – gekap
3 eetlepels botter
1 el mielieblom  – ( maizena )
250ml room
½ kop fyn biltongpoeier
½ kop koue melk
sout en peper na smaak

.
Verhit botter in pan en braai gesnyde sampioene tot lekker bruin en geurig
Meng maizena en melk in ’n koppie en klits tot gladde beslag en voeg mengsel by die gebraaide sampioene roer vinnig deur, draai plaat op laag
Voeg die room by en meng goed
Voeg nou biltongpoeier by en roer oor lae hitte tot verdik , sout en peper na smaak en prut paar minute.
Verdun met bietjie mek indien sou verkies
Bedien dadelik

Gemiddelde Gradeering

(4.2 / 5)

4.2 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Bruin Uie Sous

  • “Sweet Chillie” Sous

  • Speserymengsel om hoender te geur

  • Droëvrugte-blatjang

  • Tamatie en brandrissie blatjang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!