Salmmousse

2009-05-11
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

500g rooi salm
60 ml asyn
60ml suurroom
12,5ml bereide peperwortel
60ml suurlemoensap
1 pakkie gelatien
5ml sout
5ml bereide mosterd
125ml room
125ml gerasperde Cheddarkaas

Metode
Dreineer salm, verwyder grate en vel. Vlok salm in `n mengbak met twee vurke. Maak `n pasta van die salm en asyn met behulp van `n elektriese versapper. Skep in `n groot mengbak en vou suurroom en peperwortel in. Verdun suurlemoensap met 60ml water en sprinkel gelatien bo-oor. Laat week vir 5min. Smelt oor kookwater. Roer opgeloste gelatien saam met sout en mostrd in die salmmengsel in. Vou die geklopte room en kaas in. Skep in `n vorm en plaas in yskas vir minstens 4 1/2 uur, of tot gestol. Bedien met vars broodrolletjies
of beskuitjies.

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 1
Gradeer hierdie resep

1 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Heerlike Hoenderlewer Patee

  • BILTONG PATEE

  • Tuna Smeer

  • Avokadopeer Vulsel

  • Eiervulsel vir toebroodjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!