Loader

Regop Hoender “flattie” oor die kole

2018-03-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lewer op n stokkie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • “Flamed Grill” T-Bone

  • Rump Steak Kerrie Sosaties

  • Staan Ribbetjie

Niks gesukkel en geen gemors van souse nie. Sit en kuier lekkerte, maak tyd vir die een

1 Groot Heel Plaashoender
Suurlemoensap
Portugese Hoender speserye
Sout en Peper na smaak
*Toeknyprooster

Was die hoender deeglik onder lopende koue water, kyk vir los veertjie;  veral om die vlerkies en verwyder dit
Plaas die hoender met rugkant na onder op ’n houtbord
Gebruik ’n skerp mes en maak diep sny van die borsbeen tot deur die maagvel. Sny dit versigtig los.
Draai die hoender om met borskant na onder en druk dit heeltemal plat.
Spoel weer goed af en druk droog met skoon vadoek
Spuit goed onder en bo met suurlemoensap, en vryf dit in

Plaas Hoender in toeknyprooster
Maak ‘n lekker hout vuur sodra jy reg is om te begin braai, die vuurtjie hoef nie groot te wees nie, want jy gaan heeltyd ‘n houtjie of twee bygooi, sodat jy heeltyd vlamme het
Maak die rooster langs die vuur regop staan. beenkant vuur se kant toe gedraai, so 50 cm weg van die vlam af weg
Gebruik jou eie skatting om nader of weg te skuif van die vlamme
Braai vir 30 min; draai ander kant na vuur se kant toe,
Braai en draai so elke 30min om die beurt; als gaan afhang die grootte en dikte van die Hoender , so tussen 2 tot 3 ure stadig braai
Gooi sout en peper en portugese hoender speserye na smaak . so wanneer amper reg is om af te haal, die laaste twee klaprooster omswaaie

Toets die hoender deur ’n skerp mes in die dikste deel van die hoenderbors te steek, as die sap
wat uitloop deurskynend en nie bloederig is nie, is die hoender gaar.
As jy nog bietjie kole het, kan jy die rooster plat lê en sy velletjie goudbruin braai

Geniet hom !  Dit is heerlik !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!