Loader

Plaatkoekies met spek, piesang en stroop

2014-05-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Torrijas

  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

Vir die plaatkoekies:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml suiker
1 ml sout
2 eiers
200 ml melk

Vir die spek, piesang en stroop:
250 g skouer-spek
2 piesangs, in 2 cm-skyfies gesny
25 ml margarien
heuning / stroop

Plaas die droe bestanddele in ‘n mengbak. Maak ‘n holte daarin en gooi die eier en melk in. Meng alles met ‘n draadklitser tot die deeg glad is.

Verhit ongeveer 15 ml olie in ‘n braaipan. Skep die deeg met ‘n eetlepel in die pan. As daar borreltjies aan die bokant vorm en die onderkant stewig lyk, draai die plaatkoekie om en braai vir nog ‘n minuut of 2. Om te toets of dit gaar is kan jy ‘n toetspen gebruik of een oop sny. Verplaas die wat gaar is na die kouer kante van die pan en braai die res.

In ‘n ander pan braai die spek tot bruin en bros. Hou eenkant. In dieselfde pan gooi 5 ml margarien en braai die piesangskyfies vir 1 minuut. Gooi die res van die margarien en die heuning by en braai vir nog 2 – 3 minute.

Maak ‘n stapel van plaatkoekies, spek en piesang en bedruip dit met die sous.

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!