Loader

Pizza Steak

2008-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

4 x 200g Sirlion Biefstuk
8 repies spek, gaargemaak
2 groot uie
1 groen soet rissie (Green Pepper)
1 geel soet rissie
1 rooi soet rissie
6 groen pitlose olywe
6 swart pitlose olywe
15 ml botter/maragrien
30 ml olyfolie/sonneblom olie
400 g Mozarella kaas
Sout en peper na smaak.

Sny al die bestanddele, behalwe die biefstuk  en spek fyn.
Verhit dikboom pan en voeg olie en margarien in en laat goed warm word.
Voeg uie en die gekerfte rissie by.braai tot uie glans en nie bruin is, voeg nou olywe by.
Haal van stoof en laat afkoel.
Voeg nou helfte van die kaas by en meng.

Verhit dikboom pan. Pan moet baie warm wees.
Geur biefstuk met sout en peper en smeer liggies met olie en braai elke kant net vir so 2min.(Vleis moet nog pienk wees in die middel)
Verwyder van die pan en pak nou die pizza mengsel bo oor die biefstuk.
Pak spek bo-oor en dan genoeg kaas.
Bak nou vir omtrent 10 min in voor verhitte 200grade C oond.

Kan bedien word saam met aartappel skyfies en slaai of spaanse gegeurde rys en slaai.

 

Recipe Type: Tags: , , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!