Loader

Pita-broodjies

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 10
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

10 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

DAAGLIKSE BROODJIE ~ Pita-broodjies

Bestanddele:
1 750ml koekmeelblom
25ml suiker
15ml sout
10g kitsgis
50ml olie
500ml lou water

Metode:
Meng die meel, sout en suiker goed saam. Voeg die kitsgis by. Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die olie en water gelyk by. Knie die deeg goed (+- 10 minute) totdat glad en elasties. Bedek en laat dit rys vir ‘n paar minute (totdat dit verdubbel). Knie die deeg af en verdeel in ongeveer 15 ewe groot stukke. Rol in bolletjies en rol elke bol met ‘n koekroller uit tot ongeveer 5mm dik. Pak die pitas op gesmeerde bakplaat en bedek weer. Laat rys vir 15-20 minute. Voorverhit intussen die oond tot 220 grade C. Bak +- 10 minute totdat opgepof en gaar. Laat die pitas afkoel tot louwarm en vul.

Die pitas kan gevul word met enigiets van slaai tot vleis.

Maak 15 pitabroodjies.

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!