Loader

Paptert met ‘n twist

2010-09-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Ouma se Kul Mielie Potbrood

  • Braai bysake: Biltong Rolletjies en knoffel aartappels

  • So by my Kool

 

lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kan kleef (gaar en half afgekoel)
2 koppies bruinbroodkrummels
driekwart koppie botter (gesmelt)
3 pakkies bladspek
1/2 koppie melk
6 eiers, geskei
een blik geroomde sampioene
een blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol koppies gerasperde Chedderkaas
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.

Braai die spek bros in botter en krummel dit. Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed
Voeg die spek by die krummelpapmengsel.
Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas , voeg by die papmengsel (die deeg kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verlap word met gebruik van melk.)
Rol nou lekker bolle van die papmengsel en plaas in oondskottel
Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor
Giet suurroom nou bo-oor papbolle gevolg deur en die ingedampte melk
Bak vir +- 45 min

Bedien saam met braaivleis.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!