Loader

Krummelpap met Geurige Maalvleis en baie Kaas

2015-08-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

500g maalvleis
2 groot uie, gekap
1 groen soetrissie, 1 rooi soetrissie ontpit, gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus , gekap
5 ml kerriepoeier
2ml borrie
50 ml olie
2 groot ryp tamaties, skywe gesny
Mrs Balls vrugteblatjang
Appelkooskonfyt
Sout en peper na smaak
300ml aftreksel of kookwater

.
Om voor te sit:
**Krummelpap (warm)
**Kaas
**Tamatiesous

.

Verhit die olie in die pot en braai die uie, knoffel en soetrissies saam tot uie deurskynend is.
Gooi kerriepoeier en borrie by roer deur, braai bietjie
Gooi maalvleis by, braai als tot bruin en geurig, moenie baie karring nie
Pak die tamaties en in lae bo-op. voeg geurmiddels by na smaak
Skep 2 eetlepels blatjang en 1 eetlepels appelkooskonfyt by, voeg aftreksel/kookwater by
Sit die deksel op en prut tot maalvleis weer begin braai, maar nog souserig is, meng deur.
.
Skep warm krummelpap in bord, dek met heerlike geurige WARM maalvleis, sprinkel genoeg kaas oor terwyl nog lekker warm is, sit voor met ordentlike tamatiesous

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!