Loader

Outydse Koffiekoekies

2010-09-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 24
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

24 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Strooperige Koeksisters

  • Vrystaatse Melktert

  • Bobotie

 

Bestanddele:

2 kg koekmeelblom
7 ml sout
625ml geelsuiker
750 g botter
110 ml skoon varkvet
400 ml stroop
25 ml koeksoda
250 ml baie sterk swart koffie
15ml vanieljegeursel

So gemaak:

1. Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
2. Frummel botter en vet daarin.
3. Voeg die stroop by en meng.
4. Maak die koeksoda met `n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel by die meelmengsel.
5. Meng alles goed om `n deeg te vorm.

Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.

Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny ewe lange langwerpige koekies.
Trek kruis en dwars patrone oor deeg met `n vurk
Bak dit 10-12 min

Vulsel
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk

1. Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
2. Voeg die suiker,smeer en melk by.
3. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
4. Haal dit van die stoof af en klop dit met `n houtlepel tot styf en goed koud word.
5. Smeer koekies en plak op mekaar vas

Comment (1)

  1. posted by Mokgadi baloyi on March 25, 2015

    I enjoyed a greenbeefstew

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!