Volroom Vanilla Roomys

2015-11-17
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Net 3 bestanddele

Ryk en romerig ~  tuisgemaak, die beste !! Die lekkerste volroom  roomys wat jy nog ooit gemaak het, sonder roomys masjien

1 lt vars room (yskoud verkieslik oornag in yskas)
1 blik volroom kondensmelk
1 tl vanilla essence

In lekker groot mengbak giet jou room in en voeg vanilla by

Op jou elektriese klitser se hoogste spoed; klop tot styf en dubbel die volume, moet lekker fluffy wees

Vou die kondensmelk in, meng mooi deur, maar nie te veel karring nie

Skep in 2 lt houer, seel goed.

Vries 6 – 8 ure

opsioneel:
vou in saam kondensmelk: opgekapte rolo’s, stukkies bar one, gerasperde peppermint crisp, opgebreekte oreo koekies, self romany creams koekies …. eindloos lekker !!

Gemiddelde Gradeering

(4.4 / 5)

4.4 5 21
Gradeer hierdie resep

21 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • “Jam Donuts” – Oliebolle

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Vrugteslaai Yskastert

  • Suurroom-Versiersel

  • Heuning en Amandel Melktert

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!