Oudtydse Lewerkoekies
2015-07-13- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.6 / 5)
54 People rated this recipe
Related Recipes:
2kg gemaalde skaap lewer
2 groot aartappels, gerasper
2 medium uie, baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
2 el bruinasyn
2 koppie koekmeel
2 el bakpoeier
2 groot eiers. liggies geklits
1 tl growwe gemaalde swartpeper
1 tl aromat
1 tl rooipeper
1 tl droë tiemie
1 tl sout
Kookolie vir braai
Metode:
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng al die res van die bestandele by behalwe lewer, eier en asyn.
Meng nou gemaalde lewer met geklitse eier en asyn
Voeg nou alles bymekaar en meng alles goed saam
Skep eetlepelsvol in vlak warm olie en bak beide kante tot mooi bruin en gaar
Bedien warm, sit voor met suurlemoen wiggies
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Joey on April 14, 2016
Klink na n baie lekker lewer koekie, amper soos my ma dit gemaak het, sal dit definitief probeer.