Loader

Oudtydse Boerbeskuit

2016-04-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.7 / 5)

3.7 5 51
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

51 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Die lekkerste karringmelkbeskuit

Maak: 50-60 stukke
Bereidingstyd: 11⁄2 uur, plus rys- en uitdroogtyd
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 190 °C

22 g vars gis (of 10 ml aktiewe droë gis)
5 ml suiker
30 g (55 ml) koekmeel
250 g (270 ml) botter
150 ml melk
1,25 kg koekmeel, gesif
gesmelte botter om oor te verf

METODE:
Meng die gis en suiker met 500 ml water.
Roer die 30 g meel by en laat dit vir een tot twee uur op ’n warm plek staan tot dit skuim.
Verhit die botter, melk en 50 ml water saam tot die botter gesmelt het. Haal van die plaat af, voeg 5 ml sout by en laat afkoel tot louwarm.
Sif die res van die meel in ’n groot bak. Maak ’n holte in die middel en gooi die louwarm mengsel daarin. Roer die meel van die kante af in om ’n stywe deeg te vorm. Voeg nog ’n bietjie warm water by as die deeg te styf is.
Knie die deeg deeglik en sit dit in ’n bak. Verf die oppervlak met ’n bietjie gesmelte botter. Bedek die bak met kleefplastiek, draai dit toe in ’n dik kombers en sit dit vir drie tot vier uur eenkant om te rys.
Wanneer dit goed gerys het, rol stukkies deeg in lang rolletjies van 4 cm in deursnee.
Sny 4 cm-stukkies af en pak dit styf teen mekaar in gesmeerde diep broodpanne. Verf met gesmelte botter.
Bedek die panne losweg met kleefplastiek en laat rys op ’n warm plek vir drie uur of tot goed gerys.
Bak in die verhitte oond vir ’n uur. Haal uit, laat afkoel en trek die stukke los van mekaar.
Pak op draadrakkies en laat uitdroog in ’n baie lou oond met die deur effens oop.

>>Foto: Anita Seiler-Lilles

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!