Oondgeroosterde Varkpens

2017-06-05
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Een van die lekkerste vleisstukke van ‘n varkie. Min moeite, eenvoudig, maar lekker !

+ – 1½ kg varkpens (pork belly) – spekbolaag in repies gesny, tot teenaan die vleis
3 el growwe sout
15 ml growwe gemaalde swart peper
¼ tl fyn naeltjies
3 el appelkooskonfyt

.
Voorverhit die oond tot 180 C
Meng die sout, peper, naeltjies en vryf dit baie goed oralom die varkpens en tussen die snytjies in
Plaas die varkpens op ’n draadrak binne ’n oondpan en rooster minstens 2 uur
As die vleis gaar en spek krakerig is, bedruip nou met Appelkooskonfyt en bak nog
verdere 20 minute tot mooi goudbruin
Bedien dadelik

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 6
Gradeer hierdie resep

6 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Coca-Cola Varkboudtjops

  • Heuning en Gemmer Varkboud

  • Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

  • Kersfees Staatmaker Gammon

  • Michael se Varkrol

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!