Loader

Oondgebraaide suurlemoen-tiemiehoender

2007-02-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

12 hoender dye of 1 heel hoender, oopgevlek aan die borskant
sout en peper na smaak
Portugese hoenderspeserye na smaak
2 suurlemoene, in dun skywe gesny
1 rooi brandrissie, gekap
60 ml vars tiemie
of
10 ml gedroogde tiemie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 suurlemoen se skil, gerasper
suurlemoensap

Metode

Geur die hoender aan beide kante met sout, peper en hoenderspeserye. Bedek die bodem van n oondbak met skywe suurlemoen. Strooi ‘n paar stukkies brandrissie en die helfte van die tiemie oor die suurlemoen. Plaas die helfte van die knoffel op die suurlemoen en plaas die hoender bo-op alles. Rangskik die res van die suurlemoen skywe rondom die hoender teen die kant van die bak. Strooi die res van die knoffel, brandrissie en tiemie, asook die suurlemoenskil oor die hoender. Bedruip die hoender met die suurlemoensap. Plaas die deksel op en bak dit 1 uur 30 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 140 grade. Verwyder die deksel, stel die oond op volrooster (grill) en rooster die hoender vir 5 minute lank of tot goudbruin.

 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!