Loader

Oondgebraaide Lamsboud

2016-12-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 47
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

47 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie Bredie

  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

 

Bestanddele:
lamsboud van 2 kg, met skenkel aan indien verkies
8 knoffelhuisies, gekneus
1 el droë tiemie
skil en sap van 1 suurlemoen (skil baie fyn gerasper)
4 el botter
2 el olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
*aartappels – opsioneël

.
.
So gemaak:
Voorverhit oond tot 180 C.
Meng die knoffel, suurlemoenskil en suurlemoensap met olyfolie en vryf dit in oor die hele lamsboud goed  met die mengsel
Plaas die lamsboud in ’n groot oondpan
Stip oral oor met botter, geur met sout, peper en droë tiemie
Bedek die oondpan met swaargewig foelie, seel mooi aan die kante, bak vir 2 ure

.

Verwyder nou die foelie (aartappels kan nou bygevoeg word indien verkies) en bak die lamsboud oop vir nog so 1 ½ uur by 160 C tot goudbruin, bedruip gereeld met pansous bo oor boudjie
Laat die lamsboudjie so 30 min rus voordat jy dit opsny

Comment (1)

  1. posted by Anton on December 18, 2016

    Lyk lekker

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!