Loader

Onweerstaanbare koekies

2010-05-23
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

 

Ryk sjokoladekoekies met stukkies sjokolade, bar one karamel binne-in. Lekkerder kry jy nie!

375 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

2 ml sout

375 ml hawermout, effens fyner gekap

180 ml sagte botter

180 ml strooisuiker

125 ml bruinsuiker

60 ml kakao

2 eiers

5 ml vanieljegeursel

160 g (3 stafies) Bar One, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die gekapte hawermout by.
Verroom die botter en suikers goed saam.
Klits die kakao by tot goed gemeng en dan die eiers een vir een, gevolg deur die vanielje.
Voeg die droë bestanddele en die Bar One-stukkies hierby en meng tot ‘n stywe skep-beslag.

Skep teelepels van die beslag op ‘n uitgevoerde bakplaat (‘n entjie van mekaar omdat die koekies sal sprei) en bak vir ongeveer 10-12 minute tot ferm. Laat ‘n rukkie op die bakplaat afkoel en sit dan op ‘n draadrak om heeltemal af te koel. Lewer ongeveer 60 koekies.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!