Loader

Mosbolletjiebrood

2009-03-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gesondheidsbeskuit

  • Karringmelk Beskuit

  • Lekker Maklike Ontbyt Beskuit

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Oudtydse Boerbeskuit

 

1 kg koekmeelblom
10 ml sout
40 g ( 4 pakkies) kits droë gis
10 ml suiker
20 g anyssaad
60 g botter in klein blokkies gesny
600 ml warm melk
1 eiergeel, liggies geroer

Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, gis en suiker saam in ‘n mengbak en voeg dan anyssaad by. Meng die botter en die warm melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot ‘n ferm deeg. Keer uit op ‘n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot ‘n sagte nie-klewerige deeg wat glad en elasties is.

Plaas in ‘n bak wat liggies met olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op ‘n warm plek totdat die volume verdubbel het. Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram. Plaas in ‘n broodpan maar laat ruimte aan die kante. Sit in ‘n warm treklose vertreken laat staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan gerys het.

Verhit die oond tot 180 grade C. Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot 160 C. Bak vir nog 30 minute tot gaar.

Keer op ‘n draadrak uit en laat afkoel

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!