Loader

mamma kraai se boerewors

2024-01-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

  • Bobotie

Enigeen op hier lief om vleis te bewerk en ‘n allerheerlike Boerewors resep wil hê, hier is die een wat ek al die jare gebruik het.


1½ kg  beesvleis
1½ kg  varkvleis
500 g. varkspek, in klein blokkies gesny (skaapvet kan hier vervang word)
6 el heel koljander
2 el sout
2 el swart peper
10 ml fyn naeltjies
5 ml fyn neut (nutmeg)
150 ml goeie asyn (kan vervang met worcestersous)
60 ml  wonderpeper (allspice / pimento)
125 ml kouewater
Ongeveer 9 g. derms.

.
Meng vleise en spek, maal grof
Skroei die koljander en maal dan fyn.
Meng nou al die droë bestanddele saam  apart in ‘n beker ,voeg asyn ( of worcestersous)  , kouewater by , roer deur en meng goed en gooi eweredig by gemaalde vleis in, werk mooi met jou hade deur.
Laat staan ‘n klein rukkie en stop dan die derms.
Behalwe om te bak en braai , is hierdie ook ideaal vir droog vir droewors, jy kan net varkvleis uit resep los dan, en vervang met skaapstertjie vet !

Mamma Kraai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!