Loader

Maklike Kaaskoek

2014-11-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Kors:

1 Pakkie Tennisbeskuitjies, fyngedruk
4 el botter gesmelt
bietjie fyn pypkaneel
bietjie fyn gemmer poeier

Vulsel:
2 x 250g houertjies roomkaas
125ml houertjie room
30 ml suurlemoensap
5 ml gerasperde suurlemoenskil
5 el witsuiker
3 groot eiers
1 tl vanielje
10 ml vlapoeier aangemaak in pasta met bietjie melk
knippie sout
Voorverhit oond 180C
Kors:
Gooi die pypkaneel en gemmer by koekiekrummels
Sprei die krummels in ‘n gesmeerde oondvaste bak se bodem
Gooi baie stadig, oor die agterkant van ‘n opskeplepel, die botter oor, moet dit nie meng nie, sit net so in yskas tot botter liggies geset het

Vulsel:
Meng al die bestanddele in diep mengbak, moenie te veel karring nie, maar maak seker dis goed gemeng
Giet oor die gestolde koekiekors, versprei eweredig
Bak 35 minute in ‘n voorverhitte oond
Laat goed afkoel

Om te bedien:
*grenadella pulp of suurlemoen pulp
Met opdien, smeer met grenadella of suurlemoenpulp

Comments (2)

  1. posted by JONATHAN ADAMS on December 15, 2014

    EK WIL GRAAG VAN U HEERLIKE RESEPTE ONTVANG.SOVEEL AS MOONTLIK.
    DANKIE

  2. posted by Erna Mattig on January 12, 2015

    Sal dit baie waardeur as julle vir my ASB. al die lekker resepte kan stuur. Ek bly in Australia nou en verlang so baie na al my boerekos. Baie dankie
    Erna

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!