Loader

Magic Bars

2014-01-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

“magic bars” is dit inderdaad…

12 spek repies
4 kop pretzels
1 1/2 kop botter – gesmelt
3 el suiker
1 kop donker sjokolade “choc-chip”
1 kop Peanut “choc-chips” (as jy nie kan kry nie, 1 kop neute of peanuts – of gemeng as plaasvervanger)
3 kop aartappel skyfies, enige geur, rof gebreek
1 1/2 kop karamel stroop

Voorverhit oond na 180 C

Le ‘n lekker groot pan ( +- 20cm bodem) met foelie uit, Laat ekstra stukke oor die kante van pan, (sodat dit makllik kan uithaal wanneer dit gebak is, )sprei met spray & cook
Braai Spek tot lekker bruin en knars, sit op papier vadoek om van ekstra vet af te drup, wannneer koud, breek op in stukke

Sit pretzels in voedselverwerker en krummel fyn totdat dit soos broodkrummels lyk. Gooi nou by die gesmelte botter, saam met suiker . Meng goed tot dit nat sand tekstuur het. Druk nou lekker vas in die oondpan wat met foelie uitgele is. Druk lekker styf vas.

Sprinkel nou jou knars spekkies eweridig oor die vasgedrukte kors.
Gooi nou die “choc” chips mooi tussenin.J.P
Nou gooi jy daai neute/peanuts mooi bo oor die “chips”
Sprinkel die aartappelskyfies nou mooi bo-oor alles
Giet nou daai stroop eweredig oor die hele top, probeer soveel moontlik dek.
Bak nou vir 20 min totdat die stroop oral begin borrel om die randte
Laat in die pan afkoel. Lig met foelie ore uit en sny in klein blokkies… GENIET…!!!

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!