Loader

Lamsvleis Breyani

2017-06-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lekker maklike Souttert

  • Tamatie Bredie

  • Mieliepap Blokkies

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

Geurige Indiese gereg, nou nie Boerekos nie maar ons is ook mos ma lief vir iets met ‘n byt Ek deel hierdie basiese resep. Jy kan dit dan aanpas met verskillende vleissnitte. Maak seker jy het baie tyd vir die een

.

1½ kg Lamsvleis stowevleis bv, opgesnyde skenkel of bredie stukkies
3 uie gekap
6 knoffeltoontjies – gekneus en gekap
1 stuk gemmerwortel – geskil en baie fyn opgekap
6 baba aartappels – geskil en halveer
3 el Breyani Masala
2 kop Basmati rys
1 kop sag gekookte lensies
3 karmedom sade
2 kaneelstokkies
1 tl rissie poeier
1 el borrie
2 el asyn
sout na smaak
300 ml olie
4 el botter

*500 ml kookolie om aarappels in te braai

Metode – Voorbereiding
Verhit kookolie en braai aartappels tot gaar, verwyder plaas op kombuispapier
.

Week die rys in kookwater vir 30 minute, dreineer
Gooi genoeg kookwater oor tot rys mooi onder water is
Voeg sout na smaak en 1 tl borrie by en kook vir 10 minute, dreineer
Sit deksel op en laat eenkant rus
.

Maak nou so:

In ‘n lekker groot pot, verhit olie, braai vleisstukke tot bruin
Voeg asyn, knoffel en gemmer, koppie kookwater by en laat afkook tot vleis begin potbraai
Voeg nou die res van die speserye en sout na smaak by
Potbraai alles lekker stadig vir 15 minute
Voeg koppie kookwater by en laat weer afkook en tot potbraai
Potbraai die vleis weer so 15 min tot lekker bruin
Gooi 2 koppies kookwater by en kook stadig tot sag
Bo op die vleis skep nou jou rys, aartappels, botter en gekookte lensies
Gooi 1 koppie kookwater oor, op baie lae hitte prut vir 30 minute
Roer alles net eenmaal goed deur, sit deksel op
Skakel die plaat af (los die pot op die plaat) en laat staan so vir 1 uur sonder om deksel op te lig

Bedien dadelik, sit voor met skyfies piesang, blatjang en tamatie salsa

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!