Loader

Lamskerrie met Appelkose

2015-07-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Tamatie Bredie

  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

heerlike alternatief vir allerdaagse kerrie

Bestanddele:
1 kg lamsrib, (skenkel of nek)  opgesny in skywe
250 ml suurroom
2 el opgehoopte matig tot sterk kerriepoeier
1 lourierblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
mespunt fyn naeltjies
100 ml kookolie
1 el asyn
3 groot uie grof opgekap
6 knoffeltoontjies, gekneus en gekap
1 duimgrootte gemmer, geskil en fyn gekap
2 hande vol gedroogde appelkose
sout
wit peper
kookwater

Metode:
Meng lamsvleis met suurroom, gemmer en knoffel en marineer in yskas vir 3 ure
Verhit kookolie en braai uie oor lae tot deurskynend
Gooi kerriepoeier, naeltjies, lourierblaar,steranys en kaneelstokkie by, braai liggies saam, voeg asyn by en roer vinnig deur
Voeg die vleis plus die marinade by die kerriemengsel, braai alles saam oor lae hitte vir 10 minute
Gooi net genoeg kookwater oor om als te bedek, sit deksel op en kook oor lae hitte vir 1 ½  uur (voeg nog kookwater by deur die proses indien nodig)
Rangskik gedroogde appelkose bo-op vleis, geur sout en peper na smaak, gooi nog bietjie kookwater by om als weer te bedek, plaas deksel op en prut vir nog 20 minute.
Bedien met rys en piesangwiggies, salsa en blatjang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!