Loader

Lagies Melktert

2014-11-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 20
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

20 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

2 pakkies tennis beskuitjies
1 Liter Melk
¼ kop suiker
1 ekstra groot Eier
1 Blikkie Kondensmelk
1 Hoogvol eetlepel vla-poeier
2 Eetl Mielieblom (maizena)
¼ t Sout
1 t botter
1 t vanieljegeursel
Metode:
1. Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier.
2. Verhit die melk & Kondensmelk tot kookpunt
3. Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net ‘n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik. Roer die geursel en 1 t botter by.
4. Pak ‘n lagie beskuitjies onderin ‘n gesmeerde langwerpige tertbord.
5. Gooi die helfte vd beslag oor die onderste lagie beskuitjies, pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor.
6. Strooi bietjie kaneel asook die res van die tennisbeskuitjies wat fyngemaak is, bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol.
7. Garneer elke skyfie met ‘n rooi of groen glanskersie.
Die tennisbeskuitjies se klappergeur, verleen ook ‘n heerlike geur aan die melktert.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!