Vrystaatse Korslose Melktert

2007-01-28
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

3 eetl gesmelte Botter
3 Eiers, geskei
250 ml (1 K) Suiker
250 ml (1 K) Koekmeelblom
5 ml (1 tl) Bakpoeier
1 ml (¼ tl) Sout
5 ml (1 tl) Vanieljegeursel
1 liter (4 K) Melk
Kaneelsuiker

• Voorverhit die oond tot 190C (375F)
• Klits botter, eiergele en suiker goed saam.
• Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by.
• Roer geursel en melk by en meng goed.
• Klits eierwitte styf en vou in mengsel. Skep in ‘n diep, gesmeerde tertbord en strooi kaneelsuiker oor.
• Steek dadelik in die oond en bak 40 minute of tot gestol. Verminder hitte na eerste 25 minute tot 160C (325F). Sit warm voor.

Gemiddelde Gradeering

(3.9 / 5)

3.9 5 9
Gradeer hierdie resep

9 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Oondgebakte Skaapkop

  • Kaiings met Mieliepap

  • Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

  • Sjokolade Eclair Yskastert

  • Smeerdeeg vir Melktert Kors

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!