Kool en Bully Beef Roerbraai

2018-02-05
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Vinnige en maklike smul randrekker,

1 groot koolkop
2 blikkies Bull Brand Bully Beef
1 groot ui – opgekap
3 knoffeltoontjies – gekneus en opgekap
80 ml kookolie
2 el botter
1 tl matige kerriepoeier
Swartpeper en sout na smaak
1 tl gemengde kruie
1 el tamatie puree
125 ml afrteksel van jou keuse  of kookwater

Sny Kool in repies, spoel met koue water en dreineer
Verhit olie en botter saam in diep pan op medium hitte
Voeg gekapte uie by en soteer vir 5 minute of tot byna sag
Voeg knoffel by en roerbraai 2 min
Voeg kerriepoeier en kruie by, roer deur
Voeg gesnipperde kool by, gooi aftreksel oor en kook vinnig tot vloeistof verdamp en kool begin potbraai, roerbraai vir 5 min
Voeg tamatie puree by, geur met sout en peper na smaak, roer mooi deur
Sny Bully Beef in blokkies en voeg by die kool en roer saggies deur, die vleis breek maklik op
Prut op lae hitte vir 5 min, roer min as moontlik

Bedien op roosterbrood, sagte mielipap of net so op sy eie

Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 7
Gradeer hierdie resep

7 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • So by my Kool

  • Lamsvleis Breyani

  • Soet Karamel Patats

  • My “Spur style” Uieringe

  • Diepgebraai Pampoenpoffertjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!