Loader

Kondensmelk fudge

2014-04-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 108
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

108 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Sjokolade Balletjies

  • Munchies

  • Toffie Appels

  • Strooperige Koeksisters

  • Pofferige Meringues

Die beste , flopvrye resep ooit, sal nooit weer ander een probeer nie… Sukses Fudge !!

400g suiker
45ml water
55ml botter
30ml gouestroop
1 blik kondensmelk
1 tl vanielje

Meng die suiker en water in ‘n swaarboomkastrol en roer dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Maak seker dat daar geen suikerkristalle teen die kant van die kastrol vassit nie. Indien dit wel gebeur, borsel dit af met ‘n kwassie wat in warm water gedoop is.
Voeg die botter en gouestroop by die suikerwater en roer dit totdat die botter gesmelt is. Voeg die kondensmelk by die mengsel en roer dit aanhoudend totdat dit kookpunt bereik.
Kook die mengsel ongeveer 25 min lank tot by die sagtebalstadium. Roer dit af en toe om aanbrand te voorkom.
Laat die mengsel afkoel totdat dit louwarm is en voeg die vanieljegeursel by. Klop die mengsel totdat dit dik en romerig is. Giet die suikermengsel in ‘n gesmeerde pannetjie.
Hou die kastrol skuins sodat die mengsel vrylik kan uitloop. Moet nie skud of die mengsel uitskraap nie, want dan kan dit versuiker. Laat die suiker mengsel in die pannetjie afkoel voordat dit in blokkies gesny word.

*Dit moet heeltemal koud wees voor dit gesny word, anders kan dit verbrokkel.

* Kondensmelk fudge- Rhea Scheepers via Facebook Boerekos Kookengeniet*
*Sagtebal stadium:

Na mengsel +- 25min gekook het, drup ‘n paar druppels in koue water, dit behoort dan ‘n sagte bal te vorm. Voel dit tussen jou vingers om te toets

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Comments (4)

  1. posted by Fanie on January 12, 2015

    Kan die Fudge resep na my gestuur word asb, Dankie, Fanie Nel

  2. posted by MARIE NEL on June 6, 2015

    gAAN DIT PROBEER WANT MY FUDGE WAT EK MAAK WERK NOOIT NIE

  3. posted by Anthony on August 3, 2015

    Werk soos n bom. Ek sal wel voorstel om dit n paar minute vroeer van die stoof af te haal. Dit word baie vinning eweskielik styf en mag aan die hele pot se rand vas sit en moeilik wees om te
    Dis n puik eenvoudige resep wat proe en is soos fudge moet wees.
    Gee aandagtig aandag. Kan maklik onder brand sonder dat jy agter kom.

  4. posted by Margarite on May 12, 2016

    My suiker wou nie oplos nie, eers gedink die water was te min, in die begin. Maar die fudge is tog verslint deur die man en kinders. Sal dit volgende keer net dubbel aanmaak.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!