Loader

Kom huistoe appeltert

2013-09-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 161
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

161 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

As die verlange byt…… Ma se kom huistoe appeltert

3 el botter
1 kop witsuiker
¼ Koppie melk
3 groot eiers
1 kop koekmeelblom
1 tl bakpoeier
koppie vol fyngedrukte tertappels
knypie sout

room die botter en suiker saam tot lig
roer eiers een-een by mengsel, roer mooi na elkeen
sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by.
Gooi in gesmeerde oondbak.
sit fyn gedrukte tertappels bo-oor

Bak 25-30 minute by voorverhitte oond 180°C

vir sy sous:
1/2 kop botter
1 kop witsuiker
1 blikkie ideal melk

meng als saam, maak warm en roer tot suiker opgelos is, bring tot kook en gooi warm oor net as tert uit oond kom

*Vickey Rooseveldt via Facebook Boerekos Kookengeniet

Comments (3)

  1. posted by Beveley- Ann Marro on November 19, 2014

    Lovely, lovely apple recipe!! and very easy!

  2. posted by Francisca on August 13, 2015

    Ek is so jammer – ek het per ongeluk 1 uit 5 gemerk en wou regtig 5 uit 5 merk! Nou het ek die hele rating opgevoeter! Is daar enige manier om dit te verander? Hierdie was my ma se geliefkoosde resep en ek kan nie anders as om dit 5 uit 5 te gee nie…

  3. posted by Jannie van Niekerk on June 2, 2016

    Een van my gunsteling nageregte. In die Somer het ons een aand dit vir nagereg dit gemaak vir gaste wat oorgebly het. So bietjie gewag dat dit moes afkoel nadat dit uit die oond gekom het. Toe ons wil opdien, is die poeding vol van ñ swart miertjies. Ons het die miertjies probeer afskraap en toe later die tert geëet miertjies en al, nou noem ons dit die Miertjietert!! Dit was nogsteeds lekker.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!