Klewerige beesvleis roerbraai met vetkoek
2015-10-26- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.3 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
….so ietsie anders en vingeraflek lekker variasie vir vetkoek
700 g “tenderised steak” in lang repies gesny repies
2 groot uie in ringe gesny
4 knoffelhuisies; gekneus
60 ml kookolie
60 ml botter
100 ml sjerrie (OBS)
1 tl fyngerasperde, vars gemmerwortel
60 ml sojasous
100 ml tamatiesous
100 ml blatjang
100 ml coca cola
60 ml worcestershire sous
15 ml swartpeper
sout na smaak
.
4 groot vetkoeke
blaarskaai
mayonaise
.
In lekker groot mengbak, geur die vleis repies met sout en peper, vryf goed in
Verhit die olie en botter tot baie warm.
Blitsbraai die vleisrepies vir ’n paar sekondes en voeg die uie, knoffel en gemmer by
Braai als lekker saam, roer gereeld tot vleis mooi bruin is
Voeg dan soyasous; sjerrie; tamatiesous ;blatjang; coke en wworcestershire sous by
Roerbraai tot klewerige begin raak
Sny jou vetkoek oop, smeer met bietjie mayonaise; vul met kraakvars blaarslaai, skep warm roerbraai op
Bedien dadelik