Klapperkoekies
2013-08-18- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4 / 5)
8 People rated this recipe
Related Recipes:
Het vandag die koekies aanmekaar geslaan… wat ‘n heerlike bederf, sommer ook vir kinders se kosblikkies..
Klapperkoekies:
Jy het nodig:
1 kop koekmeelblom
1 1/2 kop suiker
1 kop geroosterde klapper
knypie sout.
1 kop ongesoute botter
1 tl koeksoda
1 tl fyn perske of appelkooskonfyt.
bietjie ekstra melk
rooi en groen glanskersies, opgekerf
So gemaak:
Voorverhit die oond tot 180 Grade C.
Smeer bakplaat met botter
Sif droë bestanddele saam. Frummel die botter met vingerpunte
Meng koeksoda en konfyt saam en vou in by die droë bestanddele – voeg ‘n klein bietjies melk by tot stywe deeg vorm.
Vorm ronde balletjies sit op voorbereide bakplaat. en druk plat met ‘n vurk. , versier liggies met rooi en groen glanskersies, druk bietjie vas.
Bak in voorverhitte oond, ongeveer 10 minute tot ligbruin.